Waternood in OVS word al erger

Kroonstad se munisipaliteit skitter in hulle afwesigheid om iets te doen omtrent die waterkrisis op dorp wat al hoe erger word.

Inwoners het hoogstens nog water vir twee weke aangesien die Bloemhoekdam bykans leeg is en dooie visse die dam se water besoedel.

Die munisipale leiers het egter steeds nie die inwoners ingelig oor hoe die waterkrisis die hoof gebied sal word nie.

Altesaam 20 watertenkwaens is intussen vir die voorsiening van water deur die departement van waterwese en sanitasie aan die munisipaliteit verskaf.

Maar die munisipaliteite versuim eenvoudig om die raad in kennis te stel oor waar die waterverspreidingspunte op die dorp sal wees.

Van die tenks wat op verskeie plekke op die dorp aangebring is, is deur vandale beskadig of is gesteel.

Volgens Water Shortage South Africa (WSSA) is van die dorpe wat die swaarste getref is deur die waternood Senekal, Rouxville, Winburg, Steynsrus, Brandfort en Smithfield, asook plekke in Qwaqwa.

Dorpe soos Jagersfontein, Soutpan, Tweespruit, en Bultfontein het water vir nog net twee weke oor.

Foto – Die Bloemhoekdam buite Kroonstad

Bron – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!