Watter regdenkende mens sal aanhou geld gee vir ʼn korrupte regering ??

Die stroom belastinggeld sal weldra opdroog soos die publiek gaan begin om belasting te vermy en ontduik,wat sy ware motief versteek agter rasverdelende woorde soos “wit monopolie-kapitaal?

Die waarskuwing is aan die minister van finansies gerig deur VF Plus se advokaat Anton Alberts tydens die bespreking van tesourie se begrotingspos in die parlement.

Adv. Alberts het tydens die begrotingsposdebat van die Tesourie in die parlement aan minister Malusi Gigaba gesê die ironie daarvan is dat dit die land se eie president is wat die ekonomie soos ʼn wegholtrein sonder remme teen ʼn steil afdraande geplaas het.

Adv. Alberts het gesê dat VF+ nie vir die minister advies gaan gee oor hoe die staat se fondse gebruik moet word nie, “want ons weet die minister gaan geen ag daarop slaan nie.

“Ons weet die gekaapte kabinet het sy planne reeds agtermekaar oor wat om met die belastingbetalers en staatsdienspensioenarisse se geld te doen. Ons weet die minister sal die land blindweg verder op die pad na bankrotskap stuur sonder om hom enigsins aan die skade te steur.

Ons weet dus die regering sal voortgaan met sy kernkragplanne, met volskaalse hidrobreking in die Karoo, met die onbekostigbare Nasionale Gesondheidsversekering, om projekte vir kaders te finansier met die staatsdienspensioenfonds (SDPF) se Isibaya-fonds en om bankrot nutsmaatskappye te red met die SDPF.”

Gigaba is ook daarvan beskuldig dat hy met ʼn gesplete tong praat as hy sê dat hy stabiliteit wil terugbring, want in die agtergrond duidelik sy Marxistiese raadgewer, prof. Chris Malikane, se mening gehoor. Ook is Gigaba se eerlikheid bevraagteken nadat hy in die parlement gesê dat Standard and Poor’s (S&P) die afgraderingsbesluit geneem het voordat hy aangestel is.

“Vandag weet ons dit is nie waar nie. In my hand is ʼn dokument wat aantoon dié besluit is op 3 April geneem, ʼn ruk na die minister se aanstelling. Die kabinetskommeling het dus ʼn duidelike impak gehad op die afgraderingsbesluit en is ʼn duidelike teken dat markte bekommerd is. Teen hierdie agtergrond kan daar geen vertroue wees in die minister se welklinkende uitlatings oor fiskale beleid nie”, sê adv. Alberts


Enjoyed this post? Share it!