Weense worsie-krokette (sputniks)

weenseworsie krokette

LEWER 6-8 KROKETTE
Bereiding: 20 min.
Verkoeltyd: 30 min.
Gaarmaaktyd: 15 min.
10 Weense worsies, fyn gedruk
250 ml (1 k)
kapokaartappel
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
30 ml (2 e) fyn gekapte ui
sout en peper na smaak
1-2 ml (¼-½ t) paprika
1 eier, geklits
sowat 125 ml (½k) koekmeel
droë broodkrummels
olie vir diepvetbraai
1. Meng die worsies, aartappel, pietersielie en ui. Geur met die sout, peper en paprika en voeg die eier by.
2. Meng en voeg net genoeg koekmeel by om ’n stywe mengsel te vorm. Vorm die mengsel in silindervorminge worse van sowat 4 cm lank en 2 cm in deursnee.
3. Rol in die broodkrummels en laat sowat 30 minute verkoel.
4. Braai in die verhitte olie tot bruin buite om.
5. Sit warm voor saam met skyfies suurlemoen.
Deur huisgenoot digitaal

Enjoyed this post? Share it!