Weereens is daar nog n plaasaanval, die keer in Groblersdal, Limpopo!!

Elf gewapende terroriste het ‘n bedlêende 67-jarige plaasboer by Limpopo aangeval en vermoor.

Mnr. Herman Botha en sy vrou Meisie is aangeval, en sy seun Bernard is ook erg aangerand. Mnr. Herman Botha is dood in die aanval.

Mnr. Botha was in die bed nadat hy aangesterk het na ‘n operasie. Die terroriste het egter gewag vir die ander gesinslede om terug te keer van die kerk af.

Drie verdagtes is kort daarna gearresteer terwyl daar nog gesoek word na die ander. Dit het intussen aan die lig gekom dat mnr. Botha se een werker die beriggewer was.

Die boer se voertuig is verlate gevind terwyl ‘n tweede voertuig en vuurwapens ook gevind is.

Die tweede voertuig se oorsprong is onbekend.


Enjoyed this post? Share it!