Wellington geskok oor moord

winnie-rust

Die inwoners van Wellington, is verslae oor die moord op die skryfster, Winnie Rust, by haar huis in die Bolandse dorp.
Haar man, dr. Manie Rust (87 jaar) het haar dood op die kombuisvloer van die huis in Uitsig gekry toe hy gistermiddag teen omstreeks 15:30 gewek is deur die hekklokkie wat lui.
Toe hy gaan daarheen gestap het, het hy op haar afgekom.
Rust (76 jaar) het beserings aan haar gesig gehad en haar voete en hande was vasgebind.
Sy het op die dorp grootgeword en was baie gewild onder die inwoners.
Drie jaar gelede is die egpaar, Daan en Erka Rousseau, ook in hul huis in Uitsig vermoor.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!