Wenke met Nood toestande

Wenke met Nood toestande

Nood toestand,jpg

Om nou al te begin om iets te doen kan die verskil beteken tussen jou en jou familie se oorlewing of deel raak van die statistieke van ongeluk-slagoffers.
Wat kan ek op hierdie stadium doen?
• probeer alles uitvind oor wat dalk mag gebeur.

bespreek die dinge met jou familie –op ‘n spelende gewys om hulle nie bekommerd te maak nie –sodoende betrek jy hulle ten minste by jou denkwyses

• Alle situasies kan nie op dieselfe wyses oorleef word nie – ‘n ystydperk verg ‘n ander plan van oorlewing as politieke onrus – maar in alle gevalle is die oombliklike behoeftes ooreenstemmend: veiligheid, kleding, kos, water, skuiling ens. So enige plan van aksie moet sulks in gedagte hou. Ek probeer uitwerk wat benodig sal word vir elke situasie sodat indien iets gebeur, ons weet: ok, in hierdie situasie maak ons so, in ‘n ander situasie maak ons anders.
• Ek doen nou al navorsing en probeer selfs resepte oor hoe om kos te bewaar. Ek vergewis myself van biltong maak, vrugte en groente inlê, groente verbou, agter hoenders kyk, kosmaak uit net dit wat beskikbaar is, oorlewing in die veld ens. Ek kry inligting oor hoe om mediese noodgevalle in die veld te hanteer, hoe om water te suiwer, implemente te maak ens. en druk als uit in ‘n leêr wat op die laaste oomblik opgeraap en saamgeneem kan word.
• Berg kos op so manier dat dit maklik en vinnig in ‘n voertuig of sleepwaentjie gepak kan word.
• Werk ‘n plan van aksie uit sodat elke familielid sal weet wat om te doen sodra iets gebeur. Bv. Wat word van die diere, wie skakel die warmwater-verwarmer af en sluit die huis, wie tel watter kinders op en waar gaan ons bymekaarkom as ons nie alreeds bymekaar is nie.
• Elke familielid sal ‘n “gryp-en-gaan” sak hê, waarin hulle enige persoonlike dinge kan saamneem, plus ‘n paar dae se gedroogde ransoen vir ingeval ons nie dadelik bymekaar kan uitkom nie.
• Ons het ‘n bestemming uitgewerk waarheen ons sal “vlug”, waar ons weet ons sal regkom met skuiling, water, die vooruitsig van self groente verbou, die moontlikheid van diere aanhou, ver genoeg bo seevlak en sterk genoeg om aardskuddings te weerstaan of sinkgate te vermy, ver genoeg van onluste.
• In bestemmings, besluit of jy wil gaan waar daar baie ander mense gaan wees of nie. Baie van die groepe wat inligting gee oor onttrekking en oorlewing het hulle eie hierargiewe – jy moet besluit of jy wil oorleef waar jy weereens dalk onder ‘n “regering” mag wees volgens ander mense se reëls, en of jy dalk wil wees waar daar ‘n kleiner groep mag wees waar almal gelyk is ens.
• Ons kry al ons belangrike dokumente – ons huis se titelbriewe, motors, kinders se geboortesertifikate, identiteitsdokumente, bankbesonderhede ens. bymekaar en plaas dit ook in ‘n leêr wat moet saamgaan. Onthou, as jy dalk na die rampe in staat is om na jou huis terug te keer en jy vind jou huis vol plakkers, moet jy die dokumente besit om aanspraak te maak op jou eiendom.

Enjoyed this post? Share it!