Wenke met Suiker

SuikerSuiker

_ Gooi ‘n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

_ Gooi 1 teelepel Jik en 1 teelepel suiker in blomrangskikking water.

_ Gooi 1 teelepel suiker in die koekie/beskuitblik om vars te hou.

_ Indien warmfles lank gaan staan: Gooi ‘n paar suiker klonte in die fles om klammigheid uit te hou.

_ Kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie.

_ Klein koekies bly langer vars as jy ‘n laag suiker onder in die bak strooi.

_ ‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

_ Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.

_ Om te keer dat appelkooskonfyt nie uit appelkooskonfyttertjies loop nie, klits 1 eierwit en 1 teelepel suiker goed en smeer aan

rand.

_ Probeer melksalf of meng olyfolie en suiker en vryf goed in en spoel suiker af en droog liggies af en vryf die hande tot al die olie

geabsorbeer is.

_ Sit bietjie van die mengsel van 100ml water, 200ml suiker en 50ml Borax (kry by apteek) uit waar miertjies voorkom, sodat hulle

dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit ‘n goeie teken dat hulle dit geniet. Sorg dat stroop

altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na ‘n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer

miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.

_ Skurwe elmboë kan in ‘n halwe suurlemoen met 1 teelepel suiker daarin gevryf word.

_ Strooi suiker bo-op sny – dit sal help dat die bloed vinniger stol.

_ Suiker en botter sal gouer meng as ‘n bietjie suurlemoensap bygevoeg word.

_ Vir ‘n lastige hik, trek asem diep in en hou 25 sekondes lank so. Eet dan 1 teelepel bruinsuiker gedoop in asyn.

_ Wanneer gereg te sout is gooi bruinsuiker by

Bron: Goeie Huishouding

Enjoyed this post? Share it!