WENKE VIR MIERE

Sit bietjie van die mengsel van, 100ml water, 200ml suiker, 50ml Borax (kry by apteek), uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit ‘n goeie teken dat hulle dit geniet. Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na ‘n drie tot vier weke begin jy ag…terkom daar is nie…… meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.

Kamakazi krummels (moet nie met die hand strooi nie anders is dit nie effektief nie) Strooi ten minste een keer ‘n week vir ses weke aanmekaar.

Termedine (dit is glo dieselfde as wat die mense van “Pest control” gebruik maar is baie duur – iets soos R800 vir 5 liter en daar is voorgestel dat jy met jou bure moet praat om dit saam te koop. Dit word glo aangemaak 1 op 40)

411-kunsmis. Dit is glo baie giftig en jy moet veral oppas vir jou honde of diere maar is glo verskriklik effektief. .

Vir die klein miertjies in die huis smeer kryt wat jy by die vlooimark kry aan.

Strooi VIM of babapoeier maar moenie dit afvee as jy skoonmaak nie.

Maak “Die Ant” met water aan en spuit dit al teen die “scurtings” van jou huis.

Gooi bietjie paraffien in ‘n miernes.

Vir hierdie suikermiertjies wat so die kombuis kan oorneem. Strooi net rooipeper op strategiese plekke.

Maak Chlorphyriphos sterk in ‘n spuitkan aan. Dit help selfs om die swartmiere uit die huis te hou.

Strooi koeksoda of borax poeier binne kaste en laaie.

Kook korente in kasterolie en plaas in die pad van die miere.

Sit bakkies met koeksoda orals in die huis (veral agter yskas, stoof, onder wasbak, ens

Bron: Almarie de Jager – In en om die huis


 

Enjoyed this post? Share it!