Werkloosheid in Suid Afrika neem drasties toe

Vir die derde opeenvolgende kwartaal het werkloosheid toegeneem.

In Maart 2017 het 41 000 werkers hul werk verloor, en in Junie 31 000. Volgens Statistiek SA het 83 000 werkers tussen September 2016 en September 2017 hul werke verloor.

Intussen doen gerugte die rondte dat 1 800 onderwysers hul werk kan verloor in 2018. Die Departement van Onderwys ontken die berigte en meld dat onderwysers herontplooi sal word waar studente getalle daal.

In plaas van ANC beloftes dat werk geskep gaan word, en dat die byna magiese syfer van ‘n miljoen nuwe werksgeleenthede gereeld genoem word as gepraat word van werkskepping, gebeur net mooi die teenoorgestelde en word meer mense werkloos.

Die huidige ekonomiese klimaat en die gedurige afgradering van die ekonomie as gevolg van die ANC regime, maak werkskepping byna onmoontlik, en die verwagting is dat werkloosheid eerder verder sal vergroot.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!