Wie het die ANC reg gegee om Stem wyke en munisipale afbakening te verander? Laat inwoners self besluit!

Sedert 1994 is die ANC besig met ‘n onwettige manipulasie van Stem Wyke and Munisipale Afbakenings grense, wat niks meer as Verkiesings diefstal is.

Dit dra ook by tot hul volksmoord agenda deur dat dit die assimilasie en vertering van die groot verskeidenheid “nasies sonder ‘n staat”, wat in die sogenaamde “reenboog nasie” bestaan, wat stadig maar seker uitgewis word as deel van hul kommunistiese “tweede fase” NDR program.

Laat inwoners kies waar hul bakens en stemwyk grense lê! 

In Midvaal gaan die DA nou juis Hof toe om te veg vir sy munisipaliteit.

Die munisipale afbakeningsraad het “onwettig, irrasioneel en met politieke bybelange” opgetree in sy besluit om die DA-beheerde Midvaal te ontbind.

Só voer die DA aan in ’n beëdigde verklaring waarin hy die hof vra om die raad se omstrede besluit om die munisipaliteite van Midvaal en Emfuleni (Vereeniging en Vanderbijlpark) en die distriksmunisipaliteit van Sedibeng in ’n enkele metro saam te voeg, nietig te verklaar.

Indien die samesmelting voortgaan, sal die DA sy enigste munisipaliteit in Gauteng ongetwyfeld ná volgende jaar se verkiesing kwyt wees.

Die beëdigde verklaring steun sterk op ’n besluitnemingsrekord van 26 000 bladsye wat die DA ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) verkry het. Dié rekord bevat transkripsies en notules van raadsvergaderings, korrespondensie en ander dokumente wat in die besluitnemingsproses oorweeg is.

In sy beëdigde verklaring aan die hof voer die DA aan die rekord wys:

■ Die besluit was polities gemotiveer;

■ Die raad het drie onafhanklike ondersoeke, wat hy self aangevra het en wat aanbeveel het die samesmelting moet nié voortgaan nie, geïgnoreer.

■ Die besluit was onreëlmatig, aangesien die raad nie met die Midvaal-munisipaliteit gekonsulteer het nie;

■ Die raad het besluite geneem op vergaderings waar daar geen kworum was nie;

■ Die raad het 11 432 bladsye se besware teen die samesmelting geïgnoreer;

■ Die raadsvoorsitter en Richard Baloyi, toe minister van samewerkende regering, het in die geheim oor die samesmelting gekonsulteer; en

■ Die raad het erken die kwessie is “polities gelaai”, maar het voortgegaan met sy besluit omdat hy die DA van sy enigste munisipaliteit in die provinsie wou ontneem.

Volgens die DA sal die samesmelting verskeie negatiewe gevolge hê, naamlik hoër belasting en tariewe vir inwoners, swakker dienslewering en meer werknemers sal nodig wees om die metro te bestuur.

Die Midvaal-munisipaliteit, met die DA as mede-aansoeker, voer sedert verlede jaar ’n hofstryd teen die raad.

Die raad moes teen 12 Desember sy hofstukke indien, maar het dit nog nie gedoen nie.

Bongani Baloyi, Midvaal-burgemeester, het gesê dit is duidelik die raad het die gemeenskap se wil en besware geïgnoreer.

“Ons voel baie sterk oor die saak en hou vol die besluit was nie korrek nie. Die raad het opgetree in opdrag van Luthuli-huis.”

Beeld het verlede jaar berig Landiwe Mahlangu, voorsitter van die raad toe die besluit geneem is, het ANC-bande.

Mahlangu was ’n direkteur by onder meer Sea Kay Holdings, wat in 2008 ’n kontrak van R58,2 miljoen met die Gautengse departement van behuising gesluit het om 1 500 huise in die ANC-beheerde Emfuleni te bou.

Jane Thupana het Mahlangu intussen as voorsitter vervang.

Die raad kon Vrydagaand nie kommentaar lewer nie.

zillie_n

Foto: Helen Zille, DA-leier, praat in 2012 by ’n Werkersdag-saamtrek in Midvaal. Die DA het ’n hofaansoek ingedien waarin die party aanvoer die besluit om Midvaal, die enigste DA-beheerde munisipaliteit in Gauteng, met Emfuleni te laat saamsmelt, is polities gemotiveer.

Map_of_South_Africa_with_municipal_borders_(2011)

Enjoyed this post? Share it!