Wie steel en stoor wapens

Die berig in “Die Vryburger” oor die diefstal van wapens in Simonstad se Vlootbasis het verdere vrae laat ontstaan by belastingbetalers. 

Ingeligte waarnemers sê dit is die derde geval waar wapens by dieselfde basis gesteel is, maar die SAPD is nie bewus van die diefstal wat in Maart en April plaasgevind het nie. 

Volgens berigte is handgrenate, pistole en outomatiese gewere asook honderde rondtes ammunisie gesteel. 

Intussen het vyf van die land se ammunisie opslagplekke se sekuriteits kontrakte verval weens wanbetaling aan die kontrakteurs. 

By Tempe basis in Bloemfontein is twee wagte oorval, terwyl hul geslaap het, en is beroof van hul wapens en ammunisie,

Die voorval was in Augustus 2015. 

Die vraag ontstaan nou waarom die sekuriteit-afdeling so laks is dat inbrake by Nasionale Sleutelpunte kan ontstaan?

Is dit weer ’n werkie wat van binne beplan is?  

Kenners vra waarom moet privaat firmas gehuur word om sleutelpunte op te pas? 

“Die Vryburger” het intussen verneem dat twee verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die diefstal en van die wapens is reeds terug gevind.

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!