Wit verraaiers is dalk hulle poste by die ANC kwyt.

Derek Hanekom is een van die wit meelopers van die ANC wat in die slag gaan bly na die mosie van wantroue teen Zuma misluk het.

Hanekom het 10 dae tyd om redes te verskaf hoekom hy nie as voorsitter van die party se dissiplinêre komitee vervang moet word nie.

Hy was een van die mense wat ernstige kritiek teen Zuma uitgespreek het en gesê het dat hy die mosie van wantroue teen Zuma gaan steun.

Volgens die ANC moet daar vinnig opgetree word teen lede wat die party se beeld skaad en sou Hanekom gaan, sal dit makliker wees om van die ander lede aan te tree oor hul openlike kritiek teen die party.

Dit is interessant dat Hanekom, as blanke, heel eerste aangetree word terwyl optrede teen die swart lede skynbaar nog nie oorweeg word nie.


Enjoyed this post? Share it!