Wit volksmoord is ‘n goeie plan verklaar wit Kanadese akademikus

‘n Antropoloog Michael P. Oman-Reagan, wat “wit volksmoord” ‘n “goeie plan” noem omdat dit die linkse mag sal bevorder deurdat blankes nie kinders sal kry nie, is verbonde aan die Memorial University of Newfoundland, algemeen bekend as MUN, gebaseer in St John’s, Newfoundland en Labrador, Kanada.

Hy het ook gesê dat die First Amendment en spraakvryheid in die VSA hoofsaaklik net deur “manlike wit suprematiste” geniet word.

Oman-Reagan is ‘n Vanier-beurshouer en Ph.D. Kandidaat in die departement antropologie by MUN.

“Wit volksmoord en hoekom dit ‘n goeie plan is,” het Oman-Reagan gesê. Hy het sy redes aangehaal waarom hy gedink het dat die vernietiging van mense op rassegronde “progressief” is.

Hy beweer dat Amerika ‘n “rassistiese nasie” is met ‘n grondwet wat hoofsaaklik “wit suprematiste” bevoordeel het.

“In plaas van politiek, moet die Liberale Media Elite diep sosiale advertensieveldtogte orkestreer om mense te oortuig om nooit te reproduseer nie,” het hy bygevoeg.

Oman-Reagan het gesê konserwatiewe blankes moet ophou reproduseer, en dis ‘n goeie ding omdat: “Hulle sal nie enige kinders kan leer om vol haat te wees of vreeslike pogings aanwend om mense aanlyn te besit nie.”

“Hulle kan die politiek aan die linkses oorlaat, wat sal verseker dat almal gesondheidsorg, gratis onderwys, reg op kos en behuising, ens. sal kry,” het Oman-Reagan gesê.

Die antropoloog het gereeld pro-Marxistiese boodskappe wat hy hertwiet en het voorgestel dat gevangenisse afgeskaf word.

Bron:  Praag


Enjoyed this post? Share it!