Woedende kiesers brand stemlokale

Die kiesers het hulle hoop gevestig op Woensdag om hulle kruisies te gaan trek in die tente wat vir die doel deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie opgerig is, maar moes teleurgesteld omdraai omdat die tente verbrand is.

Woedende protesterende kiesers het minstens twee stemlokale tot as verbrand in die swart buurt Siyaya,Freedom Park.

’n Klomp jeugdiges het ’n optog gehou uit protes omdat hulle reeds vir etlike dae geen elektriese toevoer gehad het nie.

Die werkers van City Power het probeer om die fout reg te stel, maar was sonder sukses, wat tot gevolg gehad het dat die inwoners se woede opgevlam het.

Later het die betogers die draagbare toilette wat vir Woensdag bedoel is, ook aan die brand gesteek.

Na verneem word moes iemand inderhaas die toilet half nakend verlaat om die lekkende vlamme vry te spring.

Stoele wat voorlopig in die toilette gestoor was, is ook in die brande vernietig nadat dit geblyk het dat die kragtoevoer nie gou herstel kan word nie.

 Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!