Zandspruit “inwoners” versper Beyers Naudeweg met brandende bande tydens protes optogte

Plakkers van die Zandspruit area het Beyers Naudeweg versper met brandende bande uit protes nadat City Power onwettige elektrisiteitskoppelings ontkoppel het.

Dit is die hoeveelste keer dat verkeer ontwrig en paaie beskadig word deur sogenaamde inwoners wat nie betaal vir dienste, maar wat self krag steel deur middel van onwettige koppelings.

Zandspruit was vroeër die plaas van wyle mnr. Robert van Tonder, in lewe leier van die Boerestaat Party en bekende taalvegter.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!