Zille: Wit Mense Gemelk, Minderhede Volgende

In ‘n driftige reaksie in repliek op haar twiets oor kolonialisme, het die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille gesê die ANC gaan sy rug toekeer op bruin-, Indiër- en minderheids- swart gemeenskappe, sodra wit mense drooggemelk is.

Zille het tydens ’n buitengewone debat Dinsdag in die Wes-Kaapse provinsiale parlement gesê die ANC hou aan om witmonopoliekapitaal die skuld te gee vir die stadige ekonomiese groei.

Zille sê pres. Jacob Zuma wil die Grondwet verander om grond van boere, wat die nasie voed, weg te neem.

Sy het te midde van drama in die wetgewersitting gesê as die ANC, nes Robert Mugabe en Idi Amin, klaar is om die sondebok-wittes te melk, sal hy teen bruin- en Indiër-mense ook draai.

Zille sê swart etniese en minderheidsgroepe sal die ANC se volgende teiken wees.


Enjoyed this post? Share it!