Zillie, vernaamde Afrikaner-jodin meer links as De Klerk?

In die jare van die volstruisveerweelde was daar soveel Jode wat agter die welvaart in die Klein Karoo aangekom het, dat Oudtshoorn mettertyd bekend gestaan het as “Klein Jerusalem.” Uit die interaksie tussen die ou volstruisboere en die Jode kom daar baie kosbare staaltjies.

So gebeur dit dat ou Morris Lipschitz ‘n vrag jasse in die hande kry op ‘n veiling in die Kaap. Die jasse het in die skeepsruim nat geword en nadat ou Morrie hulle goed uitgeskud en in die son gehang het, skryf hy ‘n advertensie op die winkelbord: “SALE! 50% discount on men’s coats”
Dis met dié dat oom Piet Schoeman daar aankom en ou Morrie praat hom om om ‘n jas aan te pas. Oom Piet het sy skouers geroer, arms gestrek en geroei en uiteindelik se hy: “Nee Lipschitz, die jas pas goed, maar hy stink vreeslik.” Waarop ou Morrie, sonder om ‘n ooglid te knip, antwoord: “Ies nie die jas wat stienk nie mister Schuman, ies ek!”
Ons kan weliswaar lag daaroor, maar die groot meerderheid Afrikaners besef nie dat hulle al die afgelope 2 dekades vir hulle om die bos laat lei van ‘n Boerejodin in ‘n stinke jas nie. Terwyl hulle in salige onkunde, en bepaald seker ook gebrek aan belangstelling, nog vasklou aan die ou argument dat die DA darem beter is as die ANC en die enigste party is wat die ANC in toom kan hou (hoe, dit kan hulle jou nooit verduidelik nie) besef nie een van hulle vir wie hulle eintlik stem nie.
Otta Helene Zille (getroud Maré) is gebore op 9 Maart 1951 in Hillbrow Johannesburg. Haar oumas aan albei kante was Duitse Jodinne wat gevlug het in die 1930’s. In die liberale gees van die huishouding word beide sy en haar ma lede van die bekende Black Sash, die ultraliberale vrouebeweging wat die regering van dr Verwoerd en adv Vorster so heftig opponeer het. Sy is ‘n leerling van mense soos Helen Suzman en die Afrikanerhater, Nadine Gordimer, wat reguit sê dat sy geen simpatie het as ‘n Afrikaner vermoor word nie. In die jare 80 is Zille die ondervoorsitter van die End Conscription Campaign wat ons jong manne op die grens ondermyn en ‘n onderhandelde vrede met die Kommuniste en die ANC voorstaan, eerder as om verder te veg vir die behoud van Blanke Suid Afrika.
Helen Zille beskou as haar mentor vir Harry Schwartz, wat sy van kleins af by die sinagoge leer ken. Schwartz self was ‘n Duitse Jood en was een van die advokate vir die verdediging tydens die Rivonia-verhoor. Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog is hy een van die stigters van die Torch Commando, ‘n liberale organisasie wat swart bemagtiging en een-mens-een-stem-demokrasie vir Suid Afrika bepleit. Schwartz sou nog later meehelp met die stigting van die baie liberale Progressiewe Federale Party en uiteindelik ‘n leiersrol speel in die Demokratiese Party, waaruit die DA gegroei het.
Zille se ander groot rolmodel, so vertel sy self, was Steve Biko, die militante anti-apartheidsaktivis en stigter van die Black Consciousness Movement. As joernalis van die Rand Daily Mail is dit sy wat die storie oor Biko se dood in polisie-aanhouding die wêreld instuur en blanke Suid Afrika uitmaak vir alles wat sleg is. Op 12 September 2012 praat sy in Port Elizabeth en verklaar sy: “Biko’s ideas live on. It is incumbent on us to ensure that they are a beacon on the road to a genuine and sustainable democracy and genuine liberation.” Dis so goed as ‘n ANC toespraak! Geen wonder dan ook dat sy haar hakke afgehardloop het om Biko se weduwee, Mamphela Ramphele, te soen nie! Zille is obsessief oor Biko…hoe sy derhalwe plek in haar hart moet hê vir die Afrikaner weet ek nie.
Dit is nie Zille se enigste gekalfater met terroriste nie. Tydens die onluste van 1986, toe die Veiligheidspolisie teen groot gevaar vir hulleself die aanstigters van geweld en bomplanters moet soek en arresteer, is dit Zille wat anti-regerinsgaktiviste in haar huis versteek. Vandag spog sy daaroor.

 

zillie_n
Nou kan ‘n mens wel vra: Waar lê haar sentimente dan eintlik? Die blad “White Genocide” haal haar aan, oor die kwessie van plaasmoorde, waar sy op Twitter sou gese het: “I don’t concern myself with extremists from the right or the left”. Genoeg gesê. Sy stel nie belang nie.
Tydens die plaasgeweld in die Boland in 2012/2013 skryf sy op Twitter: “Just arrived in De Doorns to show solidarity with farm workers.” Geen belang by die boere nie. Geen belang by die vernietiging van eiendom nie – solidariteit met die afbranders en vernietigers.
Vroeg vanjaar kondig die ANC aan dat die grondeise heropen kan word sodat swart Suid-Afrikaner vir nog 5 jaar die geleentheid kry om aanspraak te maak op blanke eiendom. Wat is Helen Zille se party se mening daaroor? Op 7 Februarie 2014 verklaar Kevin Mileham, haar regterhandman en Skadu-minister vir Landelike Ontwikkeling: “The DA fully supports the re-opening of the land claims for those who missed the opportunity.” Helen Zille en haar amptelike opposisie, die gewaande enigste bastion teen die ANC, stem heelhartig met die ANC saam!
Sy besef baie vinnig dat die verklaring nie so goed afgegaan het nie, en tipies van Zille – altyd aan die praat met twee tonge, verklaar sy op 10 Februarie self: “Land reform is an election ploy by the ANC.”
En nog is dit nie genoeg nie. Teen Woensdag 25 Junie het sy heeltemaal van koers verander toe sy sien dat die DA aansien verloor as gevolg van die storie: “Land reform is a recipe for agricultural disaster.”
En ten spyte daarvan is daar duisende, nee, tienduisende Afrikaners, wat nie wil besef dat die grootste gevaar nie van die ANC af kom nie. Dit kom van die Trojaanse perd in ons midde. Hulle sluit die ogies salig vir die ware Helen Zille en die ware DA en stem maar blindelings in vertroue op ‘n wit terroris. Hulle hou vol met hoe goed dit gaan in die Wes Kaap. Regtig?
Wanneer laas het julle gekyk na die misdaadsituasie in die Noordelike voorstede van Kaapstad? Wat van plaasaanvalle op plekke soos Vredendal, Groot Brakrivier, Knysna en Herbertsdale? Die Kaapse vlakte is ‘n oorlogsone van bendegeweld en dwelmhandel. Een van my eie kollegas en haar man is verlede week op pad van ‘n troue tussen Franschoek en Paarl toe hy, sommer netso, agter die stuurwiel van sy motor geskiet word! Ek sien nie hoe die DA enigsins beter vaar in die Wes Kaap as die ANC in enige ander provinsie nie – en indien wel, glo ek dit het veel meer te make met die bevolkingsamestelling van die Wes Kaap as met die DA se bewind.

Dis die moeilikste om te glo: Afrikaners skel hulle longe los op FW de Klerk, maar hulle vertrou Helen Zille wat tien maal erger is, soos wat haar hele lewensverhaal bewys.

Mazeltov, miesies Zille – ek wens jou geluk. Weliswaar is dit die goedgelowiges, die naïewes, die dommes en die liberale, maar jy het die Afrikaner verneuk soos net ‘n Boerejood dit kan doen!

Daniel Lotter.

 

10301071_547393612047012_4575674271802521108_n   logo1 sa_communism

Enjoyed this post? Share it!