Zimbabwe blokeer glo internet Whatsup- en facebook

Zim: Aandklokreël ingestel

Die sosiale media het Woensdag gegons oor die Zimbabwiese regering se pogings om sy burgers te muilband nadat geweld sedert Vrydag plek-plek in die land opgevlam het.

Zimbabwiërs is sedert Dinsdag met pamflette, WhatsApp-boodskappe en twiets wat onder die hutsmerk #ZimShutDown2016 aangehits om hulle teen pres. Robert Mugabe se regering te verset.

 Spanning loop Woensdag steeds hoog terwyl Suider-Afrika sy asem ophou om te sien of die geweld weer gaan opvlam en moontlik tot ’n “Zimbabwiese Lente” kan lei.

In die geval dat Zimbabwe ineenstort, sal derduisende vlugtelinge oor die Suid-Afrikaanse grens stroom.

Meer as 120 mense is teen Dinsdagmiddag in verband met gewelddadige protesoptrede in Beitbrug, by die grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, en in Harare, die hoofstad, gearresteer.

Chaos het Maandag in Harare losgebreek toe die polisie en taxibase slaags geraak het.

Die platsakregering kon nie salarisse in Junie betaal nie, wat daartoe gelei het dat staatsdienswerkers, soos onderwysers en dokters, Dinsdag begin staak het.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!