Zuma dalk tog uit?

‘n Parlementêre subkomitee gaan die week vergader om prosedures op te stel om dele van die parlementêre reëls te verander om ‘n president te verwyder. Die voorstel sal dan ter tafel gelê word in die parlement vir bespreking.

Dit volg nadat die konstitusionele hof die parlement ses maande tyd gegun het om meganismes in plek te stel om ‘n president af te sit.

Dit wil voorkom of Cyril Ramaphosa so gou moontlik die leisels van die land wil oorneem en reeds in Februarie die nasie wil toespreek.

Kenners meen egter dat die skuif teenstand en dalk verdeling in die party kan veroorsaak, veral vanuit Natal.

Intussen het Ace Magashule die Ramaphosa ondersteuners gewaarsku om nie roekeloos op te tree. Die gevoel is dat Zuma oorreed moet word om self te loop om enige konfrontasie binne die ANC te voorkom.

ANC lede vanuit Wes-Transvaal het aangetoon dat hul Ramaphosa se nooienstoespraak vandag gaan boikot. Dit is duidelik da die binnegevegte lank nie verby is nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!