Zuma en Guptas se verraad dompel Suid-Afrika finaal in resessie

Suid-Afrika se sirkusagtige regering van plunderaars het ʼn verdere ernstige tol geëis. Dit het pas bekend geraak dat die land nou amptelik in ʼn resessie is met die BBP wat ʼn tweede agtereenvolgende termyn negatief gegroei het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Adv. Alberts sê dit kan toegeskryf word aan die afgraderings wat nou eindelik daartoe gelei het dat die land se groei gedemp is tot ʼn fraksie van wat dit kon wees onder ʼn verantwoordelike president en regering.

Hy sê die armstes gaan die druk eerste voel waarna dit die middelklas gaan verarm. Dis natuurlik die resep waarop die EFF sy hoop skoei om op ʼn rewolusionêre wyse die land oor te neem en hoe die ANC deur verarming sy kiesers probeer beheer.

Adv Anton Alberts
Vryheidsfront Plus


Enjoyed this post? Share it!