Zuma en “Mini- Zuma” kry terugslag

ANC- President, Jacob Zuma, het sy bes probeer om die ontbinding van die Natalse ANC provinsiale uitvoerende komitee te verhoed, maar tydens ‘n spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering is besluit om nie die appèl teen die ontbinding van die provinsiale komitee te steun nie.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het beslis dat die komitee moet ontbind weens onreëlmatighede met die verkiesing van die lede.

Hierdie is ‘n terugslag vir Zuma en sy eks- vrou in hul poging om haar as president van die ANC verkies te kry in Desember aangesien dit Zuma ondersteuners is wat nou geskors is uit die provinsiale komitee.

Intussen is die SABC in die sop oor hul verwysing na Dlamini- Zuma as “Mini- Zuma” en as ‘n eks- vrou aangesien dit seksisties is. Sy was egter een van sy nege vroue dus is sy seker ‘n eks- vrou van Zuma en was die SABC se berig nie foutief nie.

Nietemin het die SABC intussen gedienstig sy verskoning aangebied.

Die Vryburger, 25-09-2017


Enjoyed this post? Share it!