Zuma jnr. het verbintenisse met Kaapse “Mafia”

Dit blyk dat Jacob Zuma se seun, Duduzane, verbintenisse het met Nafiz Modack.

Modack is betrokke by die Kaapse ondergrondse beweging wat na bewering nagklub eienaars afpers as deel van die totale sekuriteitsoorname van klubs.

Modack is tans in hegtenis en in die hofsaak wat aan die gang is blyk dit dat Modack met top polisiebeamptes asook regeringsamptenare kop in een mus is. Modack en Zuma jnr. se verbintenis is bevestig deur ‘n foto wat in die media na vore gekom het.

Duduzane word dus nie net verbind met die Guptas nie, maar nou ook met die onderwêreld van Kaapstad en hopelik sal die ondersoek na staatskaping hierdie nes ook ontbloot.

Foto: Duduzane Zuma

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!