Zuma moet “voertsek”

Zuma NY

Zuma moet “voertsek”

Die leier van ’n opposisieparty, Mmusi Maimane, het ten aanhoor van duisende ondersteuners wat in ’n optog deelgeneem het, gesê president Jacob Zuma moet “voertsek.

Asof dit nie genoeg is nie, het hy voortgegaan om die president te beledig, en gesê Zuma is ’n tsotsi en hy moet nou padgee.

“Jacob Zuma, jou dae is getel, jy moet padgee” het hy onder luide toejuiging gesê.

In die optog na die geboue van die Grondwethof het die skare gesing “Voertsek Zuma, Voertsek”.

’n Tweede spreker, ene De Lill het gesê die mense is woedend want die president het nie die Grondwet eerbiedig nie, en daarom stap die mense in die optog om die Grondwet te beskerm.

Een van die optoggangers het glo gesê ’n mens sê net vir ’n hond “voertsek”.

’n Volkekundige sê dit is baie duidelik dat die haatveldtog teen president Zuma aan die toeneem is en kan lei tot stamgevegte wat moeilik beheer sal word.- Vryburger.

Enjoyed this post? Share it!