Zuma net soos res van Afrika leiers

Die voormalige voorsitter van die ANC vir KwaZulu Natal, Zenzo Mchunu, het in ʼn toespraak daarop gewys dat die ANC president, Jacob Zuma, dieselfde ingesteldheid het as menige Afrika leier wat dink dat die land en die regering sy persoonlike eiendom is en die volgende aanspraakmaker om hom op te volg uit die binnekring van sy familie moet wees.

In Zuma se geval het hy sy voormalige vrou aangedui as sy voorkeur nuwe president. Mugabe het ook sy vrou ingestoot om by hom oor te neem. Angola se vorige president wou die pos aan sy dogter of seun oorgee, maar kon dit nie deurvoer nie weens sy gesondheid wat hom in die wiele gery het. Togo se president is tans besig om ook sy opvolger uit sy binne familiekring te stoot.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!