Zuma Nie By Kathrada Se Begrafnis Nie

President Jacob Zuma gaan nie die begrafnis vanoggend van die ANC-veteraan Ahmed Kathrada in Johannesburg bywoon nie.

Een van Kathrada se laaste wense was dat Zuma nie toegelaat word om by sy begrafnis ‘n toespraak te hou nie.

Kathrada was in die jongste tyd een van Zuma se felste kritici en het hom in ‘n ope brief versoek om te bedank.


Enjoyed this post? Share it!