Zuma se eks Nkosazana Dlamini-Zuma ook met Guptas verbind

Dit het aan die lig gekom dat Nkosazana Dlamini-Zuma ook bakhand gestaan het by die Gupta broers.

Sy het hulle skynbaar gevra om te betaal vir ‘n besigheidsklas kaartjie vir ‘n verslaggewer vanuit Kameroen terwyl sy besig was in 2012 met haar veldtog om Afrika-Unie voorsitter te word.

In die gelekte e-posse kom Des van Rooyen ook onder die soeklig met sy Dubai geborgde besoek deur die Guptas pas na hy aangestel is as minister van ko-operatiewe regering.

Trillian en van Rooyen het by verskeie geleenthede vergader om “strategiese doelwitte” te bespreek.

Waarnemers glo egter dat Dlamini-Zuma meer met die Guptas te doen gehad het as haar versoek vir ‘n vliegkaartjie, en dat nog onthullings in die verband sal volg.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!