Zuma vernietig SA, maar is dit nie ‘n goeie ding? Tensy jy onderdrukking van minderhede ondersteun?

Ja, Zuma vernietig SA, maar is dit nie ‘n goeie ding nie? Tensy jy swart oorheersing en onderdrukking van minderhede ondersteun?

Terwyl almal op die anti-Zuma wa spring en hom nou blameer vir alles wat verkeerd is in SA, en daar is baie, en wat verkeerd is in hul lewens, moet ons dalk wonder of ons nie ons eie onderdrukking net gaan voortsit nie?
Dalk met ‘n Idi Amin wat Zuma opvolg?
Daar is geen waarborg in die Republiek van Suid Afrika dat die volgende leier enige beter gaan wees, inteendeel, geskiedenis van Afrika waarborg ons amper dat hy erger gaan wees!

Zuma is ‘n Nasionalis, iets wat baie Afrikaners, Boere en selfs paar Engelses nastreef – ongelukkig is dit die beurt van die Zoeloe om SA te beheer, na die Engelse, Afrikaners en Xhosa hul beurt gehad het. Daar is meer as genoeg Zoeloes in Zululand om Zuma in beheer te hou. Zoeloes wat in die Zoeloe Volkstaat woon wat mandela hulle gegee het (Iets waarvoor Konstandt Viljoen en VF+ nee danke gesê het). Hulle is nie gepla oor huis pryse nie omdat hulle op die Koning se land woon…

En hierdie siklus van valse demokrasie en valse diversiteit sal seker eeue aanhou totdat die hele Afrika net een land is en ons almal koffie bruin van kleur is, of totdat ONS besef dat dit nie moontlik is om 12 nasies in een in te forseer nie (tensy jy daai 12 nasies wil vernietig?).
Presies soos dit deur die wêreld mag beplan is om ons, en vele lande wêreldwyd, te kniehalter sodat ons nie ‘n streeksmoontheid kan word nie. Laas keer toe SA sterk geword het, het hulle gou vir ons tot gronde gebring. Of glo jy rêrig nogsteeds dat dit enigiets met rassisme te doene gehad het?

Ja, ek weet jy is bekommerd oor die prys van jou huis of jou werk by die Vleispotte van Egipte. Is dit hoe ver en hoe laag ons volk geval het? Om desperaat aan ons status as slawe vas te klou totdat ons self ‘n Stockholm sindroom ontwikkel het waar ons ons eie onderdrukker wil beskerm?
Wil jy rêrig aanhou om jou kinders na staats skole toe te stuur sodat hulle teen jou en jou geskiedenis gebreinspoel kan word?
So hoeveel van daai lekker salaris wat jy by die wêreld oorheersende multinasionale maatskappye verdien, belê jy om jou eie familie en volk se toekoms en onafhanklikheid te verseker?
Of spandeer jy dit maar an al daai lekkergoed wat globalisme jou mee tart en gee ‘n bietjie vir die gulsige verraaier Kerke wat hulself tussen die Skepper en jou indruk?

Daar is NIKS wat Zuma of die ANC of Swart SA aan ons gee nie! NIKS. Ons gee als aan hulle!

Suid Afrika is ‘n abominasie wat geskep is om die wêreld geldmag te dien. Hoe gouer hy uitmekaar uit spat, hoe beter.

Zuma het besluit hy wil Suid Afrika assosieer met die BRICs lande, dit is lande wat teen die dollar en Westerse oorheerskappy en oorlog voering is. Kyk wat het die VSA, VK en Europa al aan Volke wêreldwyd gedoen.

Miskien het Zuma iets beet daar? Net miskien? Miskien probeer hy in die rigting van BRexit en Trump beweeg? Een wat die Nuwe Wêreld Orde teenstaan?

Miskien moet ons Zuma aanhits en ondersteun? As jy te veel te verloor het, dan is jy nie ‘n slaaf en verslaaf aan jou eie vernietiging nie, want sekerlik kan jy nie nogsteeds glo dit gaan beter word in SA nie?

Dalk is dit tyd om bietjie meer onafhanklik te word in alle aspekte van jou lewe?

Of is jy maar ‘n Supremis wat dink jy is beter as ander volke, en dat jy vir hulle en jouself en SA sommer gaan red in een slag?

As jy bekommer is oor hoe swart SA kern krag sal kan behartig, beteken dit dat jy al klaar opgegee het en gelukkig is in die kamma reënboog AbomiNasie? (Hulle sal weer Britse ingenieurs invoer, en jou belasting gebruik om dit te betaal, maar sal jou nie werk gee nie).

Jy kul jouself as jy dink wat jy voel of dink enigsins saak gaan maak.

Ja, dit is jou reg om hensopper te wees en so te dink, maar dit is nie jou reg om ander soos ek wat anders dink, daarin te forseer nie.

Harde vrae wat gevra moet word.

Don Deon


 

blackpurity2


 

Enjoyed this post? Share it!