Zuma wil Denel verkoop

Bewerings word gemaak dat die ANC staatshoof, Jacob Zuma, in kontak is met belanghebbendes in Qatar om ‘n beherende aandeel van Denel aan díe land te verkoop.

Dit wil ook voorkom of Zuma ook reeds besig is om van die sukkelende staatsentiteite soos Eskom en SAL ontslae te raak.

Die minister van verdediging van Qatar, Khalid Bin Mohammed al-Attiyah, het glo vroeër die maand die voorgestelde transaksie met Zuma bespreek.

Die Departement van Openbare Ondernemings ontken dat daar sodanige gesprekke gevoer is.

Ekonome glo dat dit ‘n desperate poging van Zuma is om sy hande op nog geld te lê nadat hy na bewering reeds die staatskas gekaap en geplunder het, en hierdie bates die laaste is wat nog oor is.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!