109 plaasaanvalle in minder as 100 dae

Sowat 109 plaasaanvalle en ongeveer  15 plaasmoorde het alreed deur die loop van die jaar in Suid-Afrika voorgekom het.

Die stastieke is Maandag deur AfriForum aangekondig.

Volgens AfriForum se hoof van veiligheid, Ian Careron is die volgende verklaring gemaak: “Ons landelike gebiede is in ’n misdaadoorlog vasgevang. Hoewel die Suid-Afrikaanse regering die afgelope week ontken het dat ’n geweldskrisis die landelike gebiede in die gesig staar, bewys die getalle juis dat geweld in hierdie areas buitensporig erg is.”

Cameron voeg by dat marteling met strykysters, blaasvlamme, gesmelte plastiek en kookwater dikwels vir ure tydens aanvalle voortduur. Hy sê ook dat daar ’n beduidende toename in hierdie soort aanvalle in die Wes- en Noord-Kaap is.

“Die regering kan nie met feite stry nie – ons mense word afgemaai,” het Cameron gesê.


Enjoyed this post? Share it!