Aanvalle op stappers in die Kaapse staproetes neem weekliks toe

Die mees onlangse voorval was by die Silvermine Natuurreservaat waar vyf stappers beseer is in ‘n mes- en klipaanval deur twee mans.

Een stapper verkeer in ‘n ernstige toestand.

Stappers word nou aangemoedig om een of ander vorm van wapen saam te neem om hulleself te verdedig teen die rampokker gedrag.

Die groep, Table Mountain Watch, wat ‘n misdaadvoorkomingseenheid is, berig dat hulle aanbevelings aan SanParke rondom stappers se veiligheid geïgnoreer word en dat die parke afdeling weier om pro-aktief op te tree.


Enjoyed this post? Share it!