ANC het tot Vrydag tyd om R300 000 op te dok vir agterstallige regsfooie anders sal balju toeslaan op Luthulihuis

Skuld wat oploop en ‘n rekening wat agterstallig raak is klaarblyklik nie ‘n prioriteit in die nuwe Suid Afrika nie.

Die ANC het tot Vrydag tyd om R300 000 op te dok vir agterstallige regsfooie anders sal die balju toeslaan op die eiendom. Die regskostes is die resultaat van ‘n mislukte hofaansoek in die Johannesburgse hooggeregshof deur die ANC, toe daar aansoek gedoen is vir ‘n geheime wantroue mosie teen Herman Mashaba.

Die saak is geskrap van die rol weens die nie-dringendheid daarvan, maar ‘n kostebevel is teen die ANC uitgereik.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!