ANC kamerade in Natal probeer Ramaphosa te diskrediteer om hom uiteindelik te “verwyder” as president

Die ANC bestuur in Natal het berigte ontken dat daar pogings vanuit Natal gemaak word om Cyril Ramaphosa te diskrediteer en hom uiteindelik te “verwyder” as president.

Bewerings doen die rondte dat ‘n nuwe party deur Zuma ondersteuners gestig is met Zuma se seën daarop. Die party staan bekend as die ATC (African Transformation Congress) en volgens bronne is die ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, bewus van die plan.

Die moontlikheid is dat Magashule dit as ‘n troefkaart teen sy bors hou in die lig van die bewerings rondom Winnie Mandela se huis se befondsing.

Intussen het die Natalse ANC ontken dat daar dislojaliteit teen Ramaphosa is, maar die feit dat die Zoeloes hulle mag op die regering verloor het, is ‘n seer punt en ontleders glo dat daar beslis ‘n vuurtjie brand onder die rokie van ‘n nuwe party.

Deur: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!