ANC LP vasgetrek vir veediefstal alhoewel sy rol in die geld en salaris van net oor R1 miljoen verdien

Mapule Veronica Mafolo is in die Schweizer-Reneke gebied gearresteer nadat sy en twee mans na bewering twee kalwers gesteel het wat hulle by ‘n veiling wou verkoop.

Mafolo is ‘n ANC parlementslid vanuit die Wes-Transvaal en verdien ‘n redelike salaris van net oor die R1 miljoen per jaar. Daarvoor het sy slegs 21 van die 35 geskeduleerde vergaderings in die sub-komitees bygewoon, en dit gee haar dus in feite ‘n salaris van bykans R49 000 per vergadering.

VF Plus se leier in Noordwes, Michal Groenewald, sê in sy reaksie die ANC stel weereens ʼn voorbeeld van misdadigheid, vergrype en swak leierskap vir die hele land,en dit is ʼn absolute skande dat ʼn persoon wat lid van een van die hoogste gesagstrukture in die land en ʼn prominente lid van die regerende party is, haarself moontlik skuldig maak aan iets so ernstig soos veediefstal.

Mafolo en haar mede-beskuldigdes het reeds in die landdroshof op Schweizer-Reneke verskyn waar sy met ʼn waarskuwing vrygelaat is terwyl haar mede-beskuldigdes elk op borgtog van R800 vrygelaat is.

“Deur haar slegs met ʼn waarskuwing vry te laat, is nie ʼn goeie begin nie. Die regbank mag onder geen omstandighede onderskeid tref en voorkeurbehandeling aan Mafolo gee bloot omdat sy ʼn LP is nie. Daar moet om hierdie rede juis strenger teen haar opgetree word.

“Die regbank en die ANC behoort ʼn voorbeeld van Mafolo te maak deur op die strengste wyse moontlik teen haar op te tree. ʼn Duidelike boodskap moet gestuur word dat misdadigheid nie geduld sal word nie,” sê mnr. Groenewald.

foto: Mapule Veronica Mafolo

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!