Ek dink die meeste van die ou model C-skole gaan sulke krake in baie van hul geboue en strukture toon soos dié by Hoërskool Driehoek. Niemand sien dit raak nie. Dit is uit die oog uit en die departement doen niks om ingenieurs of wie ook al die geboue kan inspekteer, aan te stel nie.
Die departement gee minimale fondse om model C-skole te help met onderhoud. Ek weet van twee skole direk langs mekaar wat model C-skole was. Die een (ou seunskool) het ‘n swart skool geword terwyl die seuns oor is na die meisieskool om dan ‘n gemengde skool te word.
Die departement het bykans 20 miljoen rand spandeer om daardie swart skool weer op te knap. Hoeveel is aan die blanke skool reg langsaan spandeer? Niks!
Die staat sal moet besef dat die veiligheid van leerders, ouers en onderwysers hul verantwoordelikheid is! Daar word mos gereken dat alle ou model C-skole ryk is en self die onderhoud moet doen. Daardie skole het doodeenvoudig nie daardie fondse nie. Die staat moet ten volle verantwoordelik gehou word vir sulke ongelukke wat gebeur!
Deur: Praag —Phillip Enslin
Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!