Anoj Singh, voormalige hoof finansiële beampte van ESKOM, weier om te sing

Volgens berigte het Singh by die koor aangesluit wat sê: dit was nie ek nie, ek het nie geweet nie.

Hy skaar hom dus by persone soos Lynne Brown, Qoedani Mahlangu en selfs seker Jacob Zuma wat die skuld op rade plaas in plaas daarvan om te erken dat hulle deel is van die verrottingsproses.

Singh, wat ongeveer R4,6 miljoen per jaar by Eskom verdien het, sê hy is trots op wat hulle bereik het by Eskom.

Singh het tot in die vroeë oggendure die vrae van die ondersoekspan beantwoord, en het toe aangedui dat Eskom se voormalige waarnemende bestuurshoof, Matshela Koko, die beste persoon om vrae te antwoord oor die omstrede Tegeta-Optimum-steenkooltransaksie waarby die Guptas betrek word.

‘n DA-lid van die parlementêre komitee, Natasha Mazzonne, het intussen strafregtelike aanklagte ingedien teen Singh en sê Singh het die land uitverkoop aan die hoogste bieër.

Intussen het Eskom se waarnemende hoof van groepkapitaal, Prish Govender, ook die hasepad gekies en sy bedanking aangekondig.


Enjoyed this post? Share it!