Bate Beslagleggings Eenheid gaan beslag lê op Gupta bates

Die Openbare Vervolgingsgesag het beslagleggingsbevele onderteken waarvolgens die Bate Beslagleggings Eenheid vandag op van die bates van die berugte Indiese familie beslag gaan lê. Bates ter waarde van R1,6 miljard word hierdeur geraak.

Die eenheid het in drie hof aansoeke gevra vir die bevele en ‘n kurator sal aangestel word om toesig te hou oor die bates. Volgens die aansoek is die bates verkry deur misdadige handelings.

Die aansoek sou gepaard gaan met bevele van arrestasie van persone wat betrokke was in die betrokke sake. Daar word wel verwag dat een van die Gupta broers gearresteer gaan word maar dit is nie seker wie dit gaan wees nie.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne word ook met die saak verbind.

Beslaglegging sal gedoen word op bates sowel as gelde in banke , plaaslik en oorsee.

Waarnemers glo dat die tydsberekening die posisie van die direkteur van Openbare Vervolging, Shaun Abrahams, kan bevoordeel. Daar word bespiegel dat die ANC op sy eerskomende vergadering kan besluit om Abrahams te vervang, maar die feit dat hy nou lasbriewe laat uitreik het om staatskaping te bekamp, kan die planne om hom te vervang, bemoeilik.

Foto: Die Gupte broers

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!