Bejaarde boer in Lydenburg distrik drie keer tydens plaasaanval geskiet

’n Boer diep in die sewentig, Dries Steenkamp is in die vroeë oggendure van Donderdag omstreeks 04:00 op sy plaas in die Lydenburg omgewing deur terroriste geskiet.

Volgens ’n media verklaring uitgereik deur Sers. Gerald Sedibe, provinsiale woordvoerder van die polisie, ondersoek die polisie ʼn saak van inbraak en poging tot moord.

Sedibe het bevestig dat Steenkamp alleen op die plaas was ten tyde van die voorval.

Hy beweer dat Steenkamp die honde moes hoor blaf, opgestaan om te gaan kyk en hom vasgeloop het binne drie aanvallers met klapmusse in sy woning.

“Hy kon daarin slaag om na die slaapkamer te beweeg en sy eie vuurwapen in die hande te kry. Daar is skote afgevuur. Ons kan nie in dié stadium bevestig of van die verdagtes gewond is nie,” het Sedibe gesê.

Volgens Sedibe het die aanvallers tydens die skietery van die toneel gevlug. Hy maak ook melding dat Steenkamp daarin kon slaag om hulp te ontbied deur alarm te maak.

Sedibe bevestig dat daar niks tydens die voorval gesteel i s nie, dat Steenkamp drie keer geskiet is en na ʼn hospitaal gehaas is.


Enjoyed this post? Share it!