Bejaarde egpaar van Grootvlei, Mpumalanga, in skuur oorval, aangerand

’n Bejaarde egpaar, die Hickleys, is Donderdagoggend deur ’n tuinwerker en nog ’n man op hul plaas naby Grootvlei, Mpumalanga, aangeval.

Dit is net noord van Villiers, in die Vrystaat.

Volgens inligting op sosiale media is die Hickleys in ’n skuur op die plaas Draaifontein oorval, aangeval en vasgebind. Hulle is hierna by die huis ingedwing en verder aangerand. Die twee aanvallers het toe met kontant, ’n selfoon en ’n handsak gevlug.

’n Werker wat die afgelope 18 maande op die plaas werk en as Isak Nkoapo bekend is, kan moontlik die polisie met die ondersoek help. Nkoapo is klein en maer met besondere groot oë. Hy hakkel effens.

Die Hickleys is ernstig aangerand en albei is in die hospitaal opgeneem.


Enjoyed this post? Share it!