Bejaarde egpaar van Wesrand wreed op plaas vermoor

Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria aan die Wesrand is vermoedelik Sondagoggend aangeval en vermoor, sê Sarel Cilliers, ’n boer van die omgewing.

Fanie is na bewering keelaf gesny en Colleen met die koord van ’n strykyster verwurg.

Die Engelbrechts het met beeste en gewasse geboer.

Handwapens, kontant, selfone en ’n iPad is gesteel. Dit lyk nie of daar gedwonge toegang tot die huis was nie, sê Cilliers.

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale woordvoerder in Gauteng, het Sondagmiddag bevestig die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof, en dat die moordenaars nog op vrye voet is.

Hulle het na bewering met elektroniese toerusting en huisraad gevlug.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!