Belastingbetaler gaan moet hoes om R47 miljoen rekening van Life Esidimeni te betaal

Die Gauteng regering gaan meer as R47 miljoen spandeer aan arbitrasie sake rondom die dood van pasiënte by die Life Esidimeni inrigting.

Meer as R 7 miljoen is reeds spandeer tydens die verhoor by die Emoyeni  sentrum. Die sentrum word besit deur die provinsiale regering, en nou word gevra waar die koste dan vandaan kom?

Daar word nie gemeld hoeveel kos verorber is in die tyd en wat dit gekos het nie.

Daarbenewens het die afgetrede Dikgang Moseneke nou beveel dat families van die afgestorwe pasiënte elk R1,3 miljoen moet ontvang.

Al hoe meer stemme gaan nou op dat plaasmoorde se naasbestaandes ook elk ten minste R1,3 miljoen moet by die staat.


Enjoyed this post? Share it!