Boer Huil Toe Hy Sien Sy Skape Swem Na Reen

44

Boere in droogtegeteisterde dele van die Noord-Kaap het die afgelope week langs gronddamme gehuil toe skape na ‘n week se reen in die water geswem het en dorstig gedrink het.

Izak van der Colff van die plaas Gannabos by Williston se dit was ;n onbeskryflike gevoel toe mildelike reenbuie vir die eerste keer in jare vanaf 17 Januarie by hom neergesak het.

“Ons ly die afgelope vier jaar onder ‘n knellende droogte. Daar is so ‘n streep plase in die omgewing wat net nie reen kry nie. Dit is daardie streep plase wat nou reen gekry het.”

“Sommige van my jong skape het in hul lewe nog nooit reen gesien of reenwater gedrink nie. Toe ek en my vrou, Greta, op 19 Januarie by die kamp aankom, het ek ‘n dam water in die ou gruisgroef gesien. Die plaaswerkers het die dorpers nader gebring. Die skape het onmiddellik en vir ‘n slag ordentlike soet water gesuip en ander het spontaan begin swem. Ons het nog nooit so iets beleef nie. Ons het gehuil; ek huil steeds as ek daaraan dink. Na ‘n ruk het almal veilig uitgeklim en veld toe gedrentel.

Deur : Charne Kemp/Beeld

 

Enjoyed this post? Share it!