Boer van Limpopo met mes gesteek tydens plaasaanval

Christo Janse van Vuuren en sy vrou is in die vroeë oggendure Maandag 21 Mei 2018  in hul houthuisie aangeval deur 4 verdagtes, waarvan ten minste een met ‘n mes gewapen was.

Die voorval het hom afgespeel in die Limpopo provinsie naby Bela-Bela omgewing op die plaas Marula Oase.

Na bewering het Mnr Janse van Vuuren ‘n geraas op die stoep van die huisie gehoor en die deur oopgemaak.  Dit is toe dat een van die kriminele hom aangeval het en met ‘n mes gesteek het.

Volgens berugte is daar  niks geroof tydens die aanval nie.  Janse van Vuuren sterk tans in die hospitaal aan.

Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

Ingligting is verkry  en verwerk van Suid-Afrika Nuus vir die dag


Enjoyed this post? Share it!