Brandstof kan nog styg a.g.v. swak rand

Motoriste het vanoggend wakker geword met rekord hoë brandstofpryse, terwyl die rand weer eens stewig gedaal het teenoor die dollar.

Petrol is van middernag af 49 sent per liter duurder, en diesel 60.

Selfs die euforie rondom Cyril Ramaphosa as plaasvervanger vir Jacob Zuma kon nie die rand se val keer nie, en aan die ander kant kan selfs alle linkse aanslae teen die Amerikaanse president, Donald Trump, nie keer dat die dollar steeds bly verstewig nie.

Tans verhandel die rand teen R12,67 teen die dollar. Sogenaamde gerusstellings dat die rand swakker is net omdat die dollar sterker is, is ook onwaar aangesien die rand ok teen die euro en Britse pond verswak het. (Sien ook die ekonomiese aanwysers onder die “Ekonomie” skakel.)

Alhoewel die internasionale olieprys ‘n bietjie gedaal het, is ‘n verdere brandstofprys styging nie uitgeslote nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!