Swart eienaars, Rusland en Hongaarse ingenieurs eksperimenteer met ‘n klein hidro kragsentrale vir Suid-Afrika

Gedurende Januarie vanjaar het die Hongaarse ingenieursmaatskappy, Ganz Engineering en Energetics Machinery van Rusland, tesame met die onbekende Suid-Afrikaanse Blue World Power and Energy Services, ’n ooreenkoms aangegaan om ’n klein hidro kragsentrale op te rig in Suid-Afrika.

Die klein kragsentrale wat krag aan sowat 250 woonhuise kan voorsien, is ’n projek wat vermoedelik deur swart eienaars van die maatskappy aangegaan is.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Watergebruikers ongelukkig na senior bestuur van Kaapse Water en Sanitasie departement buitensporige salaris verhogings ontvang

Groot ongelukkigheid word onder Kaapse watergebruikers verwag nadat die Kaapse Water en Sanitasie departement het hul senior bestuurders se salarisse verhoog van die gemiddelde R940 000 tot bykans R1,4 miljoen.

Waterverbruikers moet as gevolg van die droogte, meer betaal vir water terwyl ‘n omstrede waterheffing steeds as ‘n swaard oor hul koppe hang.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

PWV mors erg water, kan in voetspore van Kaapstad volg

Gauteng gaan binnekort in die voetspore van Kaapstad volg as munisipaliteite in die provinsie nie dringend gaan ophou met die onnodige vermorsing van water nie, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng, na afloop van ‘n vergadering van die plaaslike regeringskomitee van die Gautengse wetgewer.

Van Staden sê Rand West-munisipaliteit, Merafong-munisipaliteit en Mogale City is die grootste sondaars in dié provinsie met onderskeidelik 65%, 50% en 44% waterverliese. Johannesburg 44%, Emfuleni 32%, Ekurhuleni 30.1%, Midvaal 28%, Lesedi 22% en Tshwane 20% dra verder by tot die provinsie se waterverliese. Dit bring die totale persentasie vir Gauteng munisipaliteite te staan op 36% teenoor die nasionale syfer van 36.7%.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nie net Landbou is nou ‘n teiken vir onteiening nie, daar is ‘n krisus aan die broei

Die minister van water en sanitasie, wat vir maande doodstil was oor die Kaapse waterkrisis, het skielik na die voorgrond getree en dreig nou om private damme te nasionaliseer, om sogenaamd armoede en gelykheid aan te spreek.

Slegs enkele van die land se damme is in staatsbesit, maar ‘n groot aantal geregistreerde damme behoort aan veral boere, wat die damme gebou het ter wille van landbou en voedsel vir die bevolking. Dit is daardie damme wat nou in die minister se visier is.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wes-Kaap regering gee R82.5m vir droogte hulp

Kaapstad- Die Wes-Kaapse kabinet het n bykomende R82.5m aan die provinsie se departement van plaaslike regering vir droogteversterkingsprojekte goedgekeur het n verklaring gister gesê “Dit bring die totale bedrag wat deur die departement toegeken word aan waterverbeteringsprojekte sedert 1 April 2017 tot R108,7 miljoen,” het mnr. Anton Bredell, woordvoerder van die plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, James-Brent […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!