Verdagte van Donderdag se transitoroof aan Oos-Rand is ‘n polisieman

Een van die sewe mans wat vasgetrek is weens die gewaagde transitorooftog Donderdag in Boksburg aan die Oos-Rand, is ‘n polisieman, het News24 verneem.

Die bron het gesê dit “is bevestig dat dit ‘n polisieman is”.

Die verdagte se identiteit is bekend aan News24, maar kan nie bekend gemaak word totdat hy amptelik aangekla is nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Valse Aantygings oor Boeremag is Skynheilig en Verdag en Gemik om “Boeremag” te Diskrediteer en Pretorius Gesin se Hofsake te Beduiwel

Die waarheid oor aantuigings van ‘Boeremag’-infiltrasie in SITA-sisteme word ontbloot in ‘n mediaverklaring in reaksie op mediaberigte van 2 Mei 2018, waar bewerings gemaak word rakende die sogenaamde infiltrasie van ‘Boeremag-lede’ in regering se SITA sisteme. Hierdie verklaring dien ook as reaksie op bewerings dat voormalige SITA werknemer, Mnr André du Toit, betrokke is by SITA-infiltrasie vanuit die gevangenis.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sangoma op parool skuldig aan nóg verkragtings

‘n Sangoma van Port Elizabeth, wat nog op parool was vir ’n vorige veroordeling van verkragting, is Dinsdag in die handelshof aan die verkragting van twee susters skuldig bevind. Bongani Qeqe (47), ’n pa van twee minderjarige kinders, is ook skuldig bevind op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Roedtan-moorde: Voormalige werknemer in hegtenis geneem -1 van 8 verdagtes

‘n Voormalige werknemer is een van agt mans wat in hegtenis geneem is ná die dubbele moord op die renosterboer Piet van Zyl (68) en sy vrou, Tilla (66), van Roedtan in Limpopo. Dié man, Vision Mbongwe, van Zimbabwe is Maandag in hegtenis geneem by die Entabeni-wildreservaat buite Mookgophong, waar hy gewerk het. Hy en […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

MOORDENAAR OP PAROOL SLAAN WEER TOE!!!

‘n Treurspel het helder oordag in Bronville afgespeel toe ’n jong vrou deur haar vervreemde vriend voor van haar familielede vermoor is. Geraldine Lukas (34) is Saterdag (02/09) omstreeks 10:30 wreedaardig vermoor. Sy is ’n geruime tyd deur haar vervreemde vriend, Thomas Reeman (41), lastig geval en geteister. Dié twee was voorheen in ’n stormagtige […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wes-Kaapse Senior amptenaar bly in sy pos alhoewel hy 185 klagte in gesig staar

Adv. Hishaam Mohamed, die Wes-Kaapse hoof van die departement van justisie, moet uit sy pos verwyder word, het AfriForum in ’n skrywe aan adv. Michael Masutha, minister van justisie, gevra. Mohamed is in Desember 2016 geskors nadat 185 klagte teen hom ingedien is. Die klagte hou glo verband met onder meer nepotisme, teistering, insluitend seksuele […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nuutste onthulling: Datumfout van lugverkeerstelsel dra by vir die vliegongeluk waar 8 Namibiese passasiers hulle lewens verloor naby Kaapstad in 2015

’n Datumfout op die lugverkeerstelsel van die land se naasgrootste lughawe – wat die jaartal as 2027 geregistreer het en nie 2015 nie – het bygedra tot ’n vliegongeluk waarin vyf mense dood is. Die fout het veroorsaak dat die hele gerekenariseerde lugverkeerstelsel van die Kaapstadse Lughawe in duie gestort het. Dieselfde fout het dieselfde […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde man koelbloedig vermoor in Silverton

Die dogter van ’n 78-jarige man het Dinsdag op sy vasgebinde lyk met ’n reënjaskappie in sy keel afgedruk by hul huis in Silverton, Pretoria, afgekom. Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, sê die dogter is Dinsdagoggend oudergewoonte werk toe. Sy het bekommerd geraak toe sy nie haar pa telefonies in die hande kon kry nie. “Sy […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Plaasaanvalle: 2017 dalk een van die bloedigste nog ooit

Alle aanduidings is dat 2017 een van die bloedigste jare nóg kan wees wat plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika betref. Volgens TLU SA, wie se data deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) en ander gebruik word, was daar tussen 1 Januarie en 26 Julie 246 plaasaanvalle waarin 47 mense vermoor is. “Die moordsyfer is baie […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde egpaar van Bellville vasgebind en beroof ’n dag na ’n soortgelyke voorval in Boston

Nog Bellville-bejaardes is in die vroeë oggendure vasgebind en beroof. Volgens Lt Kol Fienie Nimb het die voorval Dinsdagoggend net ná 04:00 gebeur. Drie gewapende rowers het die bejaardes en hul 32-jarige dogter oorrompel en vasgebind. Volgens Nimb was die rowers met messe gewapen. Die rowers is met verskeie items in die egpaar se motor […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

“Suid Afrikaanse boere moet grond deel – of alles verloor” – Zimbabwe se Commercial Farmer’s Union (CFU)

Zimbabwe se Commercial Farmer’s Union (CFU) het wit boere in Suid-Afrika aangemoedig om hul grond met hul swart landgenote te deel – of die risiko te loop om soos hul Zimbabwiese eweknieë gewelddadig van hul grond verwyder te word, berig News24. Volgens die koerant New Zimbabwe het Peter Steyl, CFU-president, gesê dat dit beter sal […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Mediese praktisyn sonder kwalifikasies word in Springs in hegtenis geneem -Suid Afrika is vol fop dokters

Die ontvangsdame in ’n dokter se spreekkamer was stomverbaas om te hoor dat haar baas na bewering nie ’n gekwalifiseerde dokter is nie. Mashela Marthina Mokgabudi (41) is die afgelope week deur lede van die inspektoraat van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika in haar spreekkamer in Springs in hegtenis geneem. Volgens ’n ooggetuie het […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!