Bloemfontein se erfenisbates in sy kanon in, net soos sy berugte Munisipaliteit

Die vervalle stadsaal van Bloemfontein dien as ‘n voorbeeld van die toestand waarin Mangaung se metro-munisipaliteit homself bevind. So sê VF Plus raadslid, Devar Smit. Dit was gister ‘n jaar sedert die stadsaal tydens gewelddadige stakings deur die Suid-Afrikaanse Munisipale-Werkersunie (Samwu) afgebrand is. Beloftes van herstel- en restourasiewerk deur die uitvoerende burgemeester van Mangaung, me. […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Howe moet Juju nou in bek ruk oor sy haatlike rassisme

Wanneer gaan amptelike instansies, soos die howe en die Menseregtekommissie, teen Julius Malema en sy haatlike rassisme optree?

Malema, dit moet ’n mens toegee, is eerlik oor sy haat teenoor alle groepe anders as swart mense – wit mense, bruin mense en Indiërs.

Baie onlangs het hy beweer dat In­diërs “die ekonomie monopoliseer, werkers swak betaal en erger as die Afrikaners is”. Die Indiërs – darem nie almal nie, maar “die meeste” – is rassisties, “nes die kleurlinge” en, uiteraard, die Afrikaners.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Weermag se wapens gebruik ernstige misdade soos transitorooftogte erken minister

Gewere en ammunisie van die weermag word in ernstige misdade soos transitorooftogte gebruik, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, erken.

Die weermag het “een van sy R4-gewere tydens ’n transitorooftog teruggekry”, het sy in antwoord op ’n vraag in die parlement gesê.

Nog twee R4-gewere en ’n 9 mm-pistool is by die huis van ’n verdagte gekry, en die wapens is moontlik in misdade gebruik.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Voormoorde treindreiwer, Piet Botha se beskuldigdes word elk gevonnis tot 25 jaar

Twee jeugdiges vanuit die Bonteheuwel omgewing wat Piet Botha, ‘n treindrywer, vermoor het, het elkeen 25 jaar tronkstraf gekry.

Jatheme Hamid en Dorian Diedericks, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is skuldig bevind aan roof en moord in Julie 2016 ‘n Derde beskuldigde is skuldig bevind aan die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, en hy is agt jaar tronkstraf opgelê.

Deur: Die Vryburger
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Munisipale werkers in Port Elizabeth saai verwoesting – word geondersteun deur ANC en EFF

Stakende munisipale werkers in Port Elizabeth het asdromme aan die brand gesteek, die strate met vullis bestrooi en verhoed dat werkers munisipale geboue verlaat.

Voertuie is beskadig en winkel eienaars het haastig al hul winkels gesluit. Geen arrestasies is egter gemaak nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Nog ‘n week van chaos in ons reënboog land Suid-Afrika

Die chaos in die land gaan ongestoord voort onder die vaandel van sogenaamde protes optredes, wat in geweld en vernietiging ontaard.

In Noord-Natal is twee vragmotors voorgekeer, goedere gesteel en daarna aan die brand gesteek met die gevolg dat die N2 hoofweg gesluit moes word. Verbygaande motors is met klippe bestook maar die polisie was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Boerseun 10 maande onskuldig in tronk opgesluit

Hy het sy Bybel van A tot Z deurgelees in sy tien maande in die tronk.

So sê Ritha Hall-Els, Matthew (Benny) Benson (25) se prokureur nadat hy Maandag in die hooggeregshof in Pretoria op alle aanklagte teen hom vrygespreek is.

Hy is beskuldig dat hy in Augustus verlede jaar vir Tebogo Ndlovu doodgeskiet het toe dié man skrootmetaal en lemoene op die Bensons en hul buurman se aangrensende plase by Mooinooi in Noordwes gesteel het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Plaasaanval te Komatipoort, man dood en vrou in kritieke toestand

’n Boervrou van Komatipoort in Mpumalanga is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal en ’n 25-jarige man is doodgeskiet nadat drie aanvallers Sondagoggend op hulle losgebrand het.

Inligting is in dié stadium nog skraps, maar volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die jong man verskeie kere geskiet en is op die toneel dood toe drie gewapende aanvallers op die plaas toegeslaan het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kuberkrakers slaan toe op Liberty en eis glo miljoene Rande

Die finansiële diensteverskaffer,Liberty Life, het laat Saterdagaand aangekondig dat hy die nuutste slagoffer van kuberkrakers was.

ʼn Boodskap wat op Liberty se webtuiste geplaas is, lui soos volg: “Liberty betreur dit om te bevestig dat ons onderwerp is aan ongematigde toegang tot ons IT-infrastruktuur. ʼn Eksterne party beweer hy het data van ons gesteel en het ons in kennis gestel van moontlike swak plekke in ons stelsel – hy het vergoeding hiervoor geëis.”
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kontantwa slegs 400 meter van SAPD beroof

Nog ‘n kontantwa roof het plaasgevind, hierdie keer in die Kaap. Wat die brutaliteit daarvan beklemtoon, is dat dit 200 meter van die Philippi polisiestasie plaasgevind het.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Fop dokters neem toe in SA – Is jou dokter rerig ‘n mediese dokter?

Die Valke het ses persone gearresteer wat hul voorgedoen het as mediese dokters.

Hulle het “praktyke” bedryf in Bellville, Paarl, Khayalitsha en Philippi.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kleinhoewe aanval in Springs – aanvaller dood en man gewond

’n 55-Jarige man is gewond en ’n vermeende aanvaller dood tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe naby Spring Dinsdagoggend.

Die voorval is bevestig deur Kapt. Johannes Ramaphora, woordvoerder van die polisie, hy het gesê die voorval het tussen 01:00 en 02:00 op ʼn kleinhoewe by Ermeloweg in Vischkuil, oorkant Endicott, plaasgevind.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!