Leier van die VF Plus beoog om Privaat vuurwapen wetsontwerp in te dien

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gaan ʼn privaatlid-wetsontwerp indien wat sekere wysigings gaan voorstel aan die bestaande Wet op Vuurwapenbeheer wat die hernuwing van vuurwapenlisensies sal reguleer.

Na die omstredenheid en onsekerheid wat verlede week geskep is met die uitspraak van die Grondwethof oor die aangeleentheid, is daar eintlik net een uitweg, en dit is om die wet te wysig op só ‘n wyse dat vuurwapeneienaars ‘n billike geleentheid gegun word om hul vuurwapenlisensies te hernu selfs nadat die lisensie verval het sonder om die eiendomsreg op hul vuurwapens te verloor.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Omgekeerde rassisme vind nou plaas – Blankes onderverteenwoordig in Staat se werkmark

Daar is nog geen teken van ʼn skemering oor regstellende aksie (RA) nie, nieteenstaande die feit dat demografiese teikens in die staatsdiens lank reeds bereik is en veral wittes toenemend uit die staat se werkmark gedruk word en lank reeds onderverteenwoordigend is.

Uit antwoorde op ʼn geskrewe vraag van die VF Plus aan die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, blyk dit dat alle bevolkingsgroepe buiten wittes se situasie in die openbare arbeidsmark verbeter het oor die laaste jare.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

ANC-regime besig om land se kinders in die steek te laat

Die nasionale departement van basiese onderwys en sy provinsiale filiale is besig om die land in sy geheel, maar veral die kinders van die land, te faal.

So sê VF Plus se voorsitter, adv. Anton Alberts in ‘n verklaring.

Hy sê daar is sedert 1994 deur die ANC op leerders geëksperimenteer met verskillende opleidings-filosofieë, soos uitkomsgebaseerde onderrig, wat reuse skade veroorsaak het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Steenkooltekort maar geen beurtkrag – Pravin Gordhan

Volgens minister Pravin Gordhan sal daar geen beurtkrag wees die winter nie.

Hy maak die stelling terwyl Eskom beweer dat kragstasies ‘n steenkooltekort ervaar.

Waarnemers meen daar sal maar eers gesien word of Eskom so vinnig omgekeer kan word met of sonder kontant hulp van Tesourie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gordhan steek sy nek uit deur te verklaar dat geen beurtkrag gaan toegepas word die winter

Volgens minister Pravin Gordhan sal daar geen beurtkrag wees die winter nie.

Hy maak die stelling terwyl Eskom beweer dat kragstasies ‘n steenkooltekort ervaar.

Waarnemers meen daar sal maar eers gesien word of Eskom so vinnig omgekeer kan word met of sonder kontant hulp van Tesourie.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dr. Corné Mulder, VF Plus: Slegs 7% van die land se munisipaliteite is funksioneel

Opposisiepartye is dit eens dat daar nie meer ʼn behoefte is aan die departement van beplanning, monitering en evaluering nie.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van VF Plus, sê een van die departement se funksies is die monitering van dienslewering van nasionale en provinsiale regeringsdepartemente en munisipaliteite. “Dit is bekend dat 93% van ons munisipaliteite disfunksioneel of in groot moeilikheid is en dringend hulp benodig.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wetgewing sal nie nasiebou afdwing nie, want dit moet uit die hart uit kom, regtig?

Nasiebou in Suid-Afrika misluk, en die ANC-regering se poging om deur wetgewing mense te dwing om na mekaar uit te reik, sal nie slaag nie. Nasiebou sal net slaag deur erkenning te gee aan die diversiteit van die land se gemeenskappe en kulture, en aan elk se afsonderlike behoeftes.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

En hier begin hulle alweer:- ‘n Dam word na Nelson Mandela vernoem

Minister Jeff Radebe het aangekondig dat die Vanderkloofdam na Nelson Mandela vernoem gaan word.

VF Plus se reaksie is dat dit niks minder is nie as diefstal van die geskiedenis.

Dié dam, die tweede grootste in Suid-Afrika,………..
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Protesaksies van leerlinge stel motoriste in gevaar

Dit is onaanvaarbaar dat ʼn skool sy leerlinge misbruik om in lewensgevaarlike omstandighede op ʼn openbare pad protes teen geriewe by die skool aan te teken en sodoende nie net hul eie lewe nie, maar ook dié van motoriste in gevaar stel.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Vooraanstaande sakeman rand 7maande swanger vrou aan naby kitskos wegneem plek

’n Vooraanstaande sakeman het glo ’n vrou wat sewe maande swanger is by Steers in Ruimsig aan die Wes-Rand teen die bors, deur die gesig en op die maag geklap en oor die restaurant se stoele gestamp.

Die voorval het verlede Woensdag ná ’n stryery oor ’n parkeerplek by die Featherbrooke Village-winkelsentrum gebeur.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sosialistiese mislukkings is voorland van ANC-regime

Die ANC herhaal die foute van regerings van die verlede wat sosialisme, magsbeheptheid en sondebokpolitiek voorgestaan het en sodoende hul lande se ekonomie en mense vernietig het.

Dié stelling is deur Tammy Wessels gemaak tydens ‘n bespreking in die Vrystaatse wetgewer, waar sy VF Plus verteenwoordig.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Minimumloon net ʼn ydel poging om arm mense op te hef en hou nie tred met die realiteit

Die idee van ʼn minimumloon klink dalk na ʼn edel poging om arm mense op te hef, maar dit hou nie tred met die realiteit nie.

Adv. Anton Alberts van VF Plus het tydens ‘n debat in die parlement gesê dat omvattende navorsing al regoor die wêreld gedoen is oor minimumlone, selfs deur die Wêreldbank, en telkens word bevind dit is minder skadelik en meer uitvoerbaar om die ekonomie te laat groei wat sal lei tot verhoogde werkskepping wat tot verhoogde lone lei.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!