Clanwilliam dam nog steeds nie verhoog weens gebrek aan fondse

Helen Zille het aangekondig dat die verhoging van die Clanwilliam dam nie kan plaasvind nie weens ‘n gebrek aan fondse.

R2 miljard is reeds in 2013/14 begroot vir die projek maar die Departement van Water en Sanitasie is “bankrot”.

‘n Kontrakteur wat die werk moes doen sit reeds vir 4 jaar met sy personeel en toerusting in Clanwilliam en wag vir die groen lig. R2,5 miljoen is reeds aan die kontrakteur betaal sonder dat daar enige werk begin is en die betaling aan die kontrakteur sal voortgaan, wat nou maandeliks R 2,5 miljoen beloop.

Indien die wal verhoog sou word met ‘n beplande datum van middel 2018 sou die waterkrisis in die Cederberg en Matzikama area verhoed kon gewees het.

Druiwe en sitrus boere se opbrengs sal slegs 40-50% wees van die normale geskatte oes. Bykans geen tamaties kon in die area geplant word nie en invoere van tamatie pulp het die pryse verdriedubbel.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!