Comrade His Excellency President Cyril Het Klaar Moeilikheid

President Ramaphosa se eerste moeilikheid kom uit die hoek van Mosiua Lekota van COPE.

Lekota sê Ramaphosa se verkiesing is geen oplossing nie – as adjunk president het hy gesien hoe die staatskaping plaasvind en was hy bewus van korrupsie en deur niks daaraan te doen het, het hy sy eed as adjunkpresident geskend.

Hy sê Zuma se skelms word nou bloot vervang met Ramaphosa se skelms.

Lekota sê die regte ding is dat die parlement nou ingevolge die grondwet ontbind word en dat die kiesers die geleentheid kry om ‘n nuwe regering te kies.

Dit was duidelik aan Lekota se gesiguitdrukking tydens die aanwysing van Ramaphosa as die ANC se vyfde Staatspresident dat hy min beindruk is met die gebeure.

Deur: Front Nasionaal SA


Enjoyed this post? Share it!