Cyril Ramaphosa weier Tom Moyane se eise

Die versoek van geskorste SAID kommissaris, Tom Monyane, dat daar tot ‘n skikking gekom moet word rondom sy vertrek by SAID, is summier geweier deur Cyril Ramaphosa.

Sy eis was dat die oorblywende 18 maande van sy kontrak uitbetaal moet word asook bonusse.

Moyane staar 12 aanklagte van beweerde oortredings in die gesig. Volgens Ramaphosa moet Moyane antwoord op die beweerde ongerymdhede vanuit sy kantoor.

Afgetrede regter Kate O’Regan is aangestel as voorsitter van die kommissie wat die saak moet hanteer.

Moyane se eis dat die staat sy regskoste vir die dissiplinêre verhoor moet betaal is ook verwerp vanuit die president se kantoor.

Enjoyed this post? Share it!